Jonas Kaufmann
Jonas Kaufmann | |
---|---|
Kaufmann, La Scala, 2015 | |
Gebore | 10 Julie 1969 |
Beroep | Operasanger (tenoor) |
Jare aktief | 1994–tans |
Kinders | 4 |
Jonas Kaufmann (gebore 10 Julie 1969) is 'n Duitse operatenoor. Hy is veral bekend vir sy opvoerings in spintorolle soos Don José in Carmen, Cavaradossi in Tosca, Maurizio in Adriana Lecouvreur, en die titelrol in Don Carlos. Hy het ook in Duitsland en in die buiteland leidende tenoorrolle vertolk in die operas van Richard Wagner, waarvan die mees noemenswaardige by die Metropolitan Opera in New York plaasgevind het.[1] Hy is ook 'n bedrewe Lieder sanger.[2][3]
Vroeë lewe en opvoeding
[wysig | wysig bron]Kaufmann is in München gebore. Sy pa het vir 'n versekeringsmaatskappy gewerk en sy ma was 'n kleuterskoolonderwyser. Hy het een ouer suster gehad. Hy het die klavier begin studeer toe hy agt was en in die koor van sy laerskool gesing. Alhoewel hy vir die toelatingseksamens vir wiskunde studeer het, het hy in die somer van 1989 sy stemopleiding aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste in München begin. Terwyl hy studeer het, het hy 'n paar klein rolle by die Beierse Staatsopera vertolk. Hy gradueer in 1994 aan die universiteit en behaal onderskeidings in beide opera- en konsertuitvoerings.[4]
Kaufmann het in 1995 na 'n vokale krisis bystand ontvang vanaf die Amerikaanse bariton Michael Rhodes wat hom 'n "nuwe manier van sing" geleer het en geleer het hoe om "meer ontspanne in my stem en in my eie vermoë" te word.[5] In Kaufmann se boek getiteld Meinen die wirklich mich? word die volgende gesê, "Om 'n Michael Rhodes te vind wat jou werklik kan help en jou sukses kan besorg is werklik 'n gelukskoot."[6]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Hy het in 1994 sy professionele loopbaan by die Staatstheater Saarbrücken begin[7] en is spoedig daarna uitgenooi om sy buiging te maak in Duitse teaters soos die Staatsoper Stuttgart en Hamburg Staatsopera, sowel as internasionale buigings by die Lyric Opera of Chicago, Opéra National de Paris en La Scala. Hy het sy buiging by die Salzburg Fees in 1999 gemaak in 'n produksie van Busoni se Doktor Faust en in 2003 teruggekeer as Belmonte in Mozart se Die Entführung aus dem Serail en vir konserte van Beethoven se Simfonie No. 9 saam met die Berliner Philharmoniker.
In 2006/7 ontvang hy kritiese lof vir sy vertolking van Don José in Bizet se Carmen by die Royal Opera House, Covent Garden. Hy maak in 2006 sy buiging as Alfredo in Verdi se La traviata by die Metropolitan Opera saam met Angela Gheorghiu, ook tot kritiese lof.[8] In 2007 en 2008 vertolk hy ook dié rol by die Met, en in 2008 by die Royal Opera House. In Mei 2008 vertolk hy die rol van Cavaradossi in Puccini se Tosca by Covent Garden, weereens tot kritiese lof.[9]
In 2008/9 sing hy in Massenet se Manon in Chicago saam met Natalie Dessay. Hy sing ook die titelrol in 'n nuwe opvoering van Wagner se Lohengrin by die Beierse Staatsopera. Hy vertolk ook die rol van Lohengrin tydens die openingsaand van die Bayreuth Fees in 2010 in 'n opvoering deur Hans Neuenfels, met Andris Nelsons as dirigent.
Sy debuutopname met Decca Records, Romantic Arias, is in Januarie 2008 vrygestel. Hy het ook 'n liederesiklus van Schubert opgeneem op dieselfde plate-etiket, asook die rol van Pinkerton in Puccini se Madame Butterfly vir EMI.
In Januarie 2010 sing hy die titelrol in Massenet se Werther by die Opéra Bastille in Parys. Die opvoering is opgeneem en in November 2010 op DVD vrygestel.
In April 2011 keer hy terug na die Metropolitan Opera as Siegmund in Robert Lepage se nuwe opvoering van Wagner se Die Walküre.[10] In September 2011 het hy 'n operasie ondergaan om 'n limfklier uit sy bors te verwyder.[11][12][13] In Desember keer hy terug in Gounod se opera Faust.[10]
Op 15 Februarie 2013 maak Kaufmann sy eerste verskyning in die titelrol van Wagner se Parsifal by die Metropolitan Opera. Sy opvoering ontvang kritiese lof.[14] In Julie van daardie jaar is hy as Kammersänger van die Beierse Staatsopera benoem deur die Ministerie van Kuns van Beiere. In Desember sing hy die rol van Don Alvaro in Verdi se La forza del destino saam met die geselskap.[15]
In Februarie 2014 sing Kaufmann die titelrol in Massenet se Werther by die Met. Hy het hierdie opvoering opgevolg met 'n toer waartydens hy Schubert se liederesiklus Winterreise saam met Helmut Deutsch gesing het.[2] In Junie 2014 het hy sy buiging gemaak in die rol van Des Grieux in Puccini se Manon Lescaut by die Royal Opera House in Londen. Daardie November sing hy dieselfde rol in 'n verdere opvoering van Manon Lescaut by die Beierse Staatsopera.[16]
Op 23 Februarie 2016 is die dokumentêre film getiteld Jonas Kaufmann: An Evening with Puccini in geselekteerde teaters in die Verenigde State vrygestel. Die film handel oor Kaufmann se 2015 opvoering by La Scala in Milaan en bevat rare argiefmateriaal.[17]
In 2018 het Kaufmann sy buiging gemaak as Tristan in konsertopvoerings van die tweede bedryf van Wagner se Tristan und Isolde.[18]
Gedeeltelike diskografie
[wysig | wysig bron]DVDs
[wysig | wysig bron]- 2002: Monteverdi – Il ritorno d'Ulisse in patria (Jonas Kaufmann / Vesselina Kasarova / Dietrich Henschel / Isabel Rey)
- 2002: Paisiello – Nina (Jonas Kaufmann / Cecilia Bartoli / László Polgár)
- 2004: Beethoven – Fidelio (Jonas Kaufmann / Camilla Nylund / László Polgár / Alfred Muff / Elizabeth Magnuson / Christoph Strehl)
- 2005: Mozart – La clemenza di Tito (Jonas Kaufmann / Vesselina Kasarova / Eva Mei / Malin Hartelius)
- 2006: Bizet – Carmen (Jonas Kaufmann / Anna Caterina Antonacci / Ildebrando D'Arcangelo / Norah Amsellem)
- 2006: Schubert – Fierrabras (Jonas Kaufmann / Juliane Banse / Michael Volle / Christoph Strehl / László Polgár)
- 2008: Bizet – Carmen (Jonas Kaufmann / Vesselina Kasarova / Isabel Rey / Michele Pertusi)
- 2009: R. Strauss – Der Rosenkavalier (Renée Fleming / Sophie Koch / Diana Damrau / Franz Hawlata / Jonas Kaufmann)
- 2009: Wagner – Lohengrin (Jonas Kaufmann / Anja Harteros / Wolfgang Koch / Michaela Schuster / Christof Fischesser / Yevgeny Nikitin)
- 2010: Massenet – Werther (Jonas Kaufmann / Sophie Koch / Michel Plasson)
- 2010: Humperdinck – Königskinder (Jonas Kaufmann / Isabel Rey / Oliver Widmer / Liliana Nikiteanu)
- 2010: Cilea – Adriana Lecouvreur (Jonas Kaufmann / Angela Gheorghiu / Olga Borodina / Alessandro Corbelli)
- 2011: Puccini – Tosca (Jonas Kaufmann / Emily Magee / Thomas Hampson)
- 2011: Wagner – Die Walküre (Jonas Kaufmann / Eva-Maria Westbroek / Deborah Voigt / Bryn Terfel)
- 2011: Gounod – Faust (Jonas Kaufmann / Marina Poplavskaya / René Pape
- 2011: Wagner – Der Ring des Nibelungen (Jonas Kaufmann / Bryn Terfel / Deborah Voigt / Jay Hunter Morris / Eva-Maria Westbroek)
- 2012: R.Strauss – Ariadne auf Naxos (Jonas Kaufmann / Emily Magee / Elena Moșuc / Peter Matić / Cornelius Obonya)
- 2012: Puccini – Tosca (Angela Gheorghiu / Jonas Kaufmann / Bryn Terfel / Antonio Pappano)
- 2012: Verdi – Requiem (Jonas Kaufmann / Anja Harteros / Elīna Garanča / René Pape)
- 2013: Wagner – Parsifal (Jonas Kaufmann / René Pape / Peter Mattei / Katarina Dalayman / Yevgeny Nikitin / Daniele Gatti / François Girard)
- 2013: Puccini – La fanciulla del West (Jonas Kaufmann / Nina Stemme / Tomasz Konieczny)
- 2013: Verdi – Don Carlo (Jonas Kaufmann / Anja Harteros / Matti Salminen / Thomas Hampson / Ekaterina Semenchuk)
- 2014: Puccini – Manon Lescaut (Jonas Kaufmann / Kristine Opolais)
- 2015: Mascagni – Cavalleria rusticana (Jonas Kaufmann / Liudmyla Monastyrska) & Leoncavallo – Pagliacci (Jonas Kaufmann / Maria Agresta)
Repertorium
[wysig | wysig bron]Kaufmann se repertorium sluit die volgende in:
- Johann Joseph Abert: Ekkehard – titelrol[19]
- Beethoven: Fidelio – Florestan, Jaquino[20]
- Berlioz: La damnation de Faust – Faust[21]
- Bizet: Carmen – Don José[10]
- Cilea: Adriana Lecouvreur – Maurizio[22]
- Gounod: Faust – titelrol[10]
- Giordano: Andrea Chénier – titelrol
- Humperdinck: Königskinder – Königssohn[23]
- Leoncavallo: Pagliacci – Canio[24]
- Carl Loewe: Die drei Wünsche – Hassan[19]
- Heinrich Marschner: Der Vampyr - Edgar Aubry
- Mascagni: Cavalleria rusticana – Turiddu[24]
- Massenet: Manon – Des Grieux
- Massenet: Werther – titelrol
- Monteverdi: Il ritorno d'Ulisse in patria – Telemaco[25]
- Monteverdi: L'incoronazione di Poppea – Nerone[20]
- Mozart: Così fan tutte – Ferrando[20]
- Mozart: Die Zauberflöte – Tamino[10]
- Mozart: Idomeneo – titelrol[23]
- Mozart: Die Entführung aus dem Serail – Belmonte[23]
- Mozart: La clemenza di Tito – Tito[20]
- Paer: Leonora – Florestano[26]
- Paisiello: Nina, o sia La pazza per amore – Lindoro[27]
- Puccini: La rondine – Ruggero[28]
- Puccini: La bohème – Rodolfo[29]
- Puccini: Tosca – Cavaradossi
- Puccini: Manon Lescaut – des Grieux[30]
- Puccini: La fanciulla del West – Dick Johnson
- Puccini: Madama Butterfly – Pinkerton
- Rossini: Il Barbiere Di Siviglia – Almaviva[31]
- Schubert: Fierrabras – titelrol[23]
- Marc Schubring: Cyrano de Bergerac – Christian[32]
- Smetana: The Bartered Bride – Hans
- Strauss: Capriccio – Flamand[28]
- Strauss: Ariadne auf Naxos – Tenoor/Bacchus[29]
- Szymanowski: King Roger – Edresi[33]
- Thomas: Mignon – Wilhelm
- Verdi: Falstaff – Fenton[34]
- Verdi: La traviata – Alfredo[10]
- Verdi: Otello – Otello, Cassio
- Verdi: I masnadieri – Carlo[35]
- Verdi: Rigoletto – Duca[23]
- Verdi: Don Carlos – titelrol[20]
- Verdi: Il trovatore – Manrico[36]
- Verdi: Aida – Radames[37]
- Wagner: Tannhäuser – Walther[38]
- Wagner: Parsifal – titelrol[20]
- Wagner: Die Meistersinger von Nürnberg – Walther[28]
- Wagner: Die Walküre – Siegmund[10]
- Wagner: Lohengrin] – titelrol
Pryse
[wysig | wysig bron]- 2007: Gramophone-toekenning vir Richard Strauss Lieder met Helmut Deutsch voor die klavier
- 2011: Gramophone-toekenning vir Verismo Arias met Antonio Pappano as dirigent
- 2012: Gramophone-toekenning vir Fidelio met Claudio Abbado as dirigent
- 2013: Opera-toekenning vir Beste Manlike Operasanger[39]
- 2013: Gramophone-toekenning vir Wagner Arias met Donald Runnicles as dirigent
- 2018: Beierse Maximilian Orde vir Wetenskap en Kuns[40]
Literatuur
[wysig | wysig bron]- Thomas Voigt: Jonas Kaufmann: In Conversation With. Weidenfeld & Nicolson, 2017, ISBN 978-1474604277.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Profile". The Times. Besoek op 14 Julie 2017. (abonnement vereis)
- ↑ 2,0 2,1 Tommasini, Anthony (21 Februarie 2014). "A Tenor Finds Energy for Intense, Lyrical Pain". The New York Times. Besoek op 26 Desember 2014.
- ↑ Christiansen, Rupert (19 Desember 2014). "Opera Review of 2014: the start of opera becoming the domain of the elite?". The Daily Telegraph. Opgespoor 26 Desember 2014.
- ↑ "About me". Kaufmann website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2014. Besoek op 12 Maart 2011.
- ↑ Micklethwait, Brian (14 Februarie 2008). "The teacher who saved Jonas Kaufmann's voice". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2011. Besoek op 6 Mei 2011.
- ↑ Voigt, Thomas (2010). Jonas Kaufmann "Meinen die wirklich mich?": Henschel Verlag GmbH & Co.KG. ISBN 978-3-89487-669-2. p. 52
- ↑ "Artists". Deccaclassics.com. Besoek op 13 Julie 2017.
- ↑ Davis, Peter G. "La Traviata – Classical Music Review". New York. Besoek op 13 Julie 2017.
- ↑ Hilary Finch, The Times, Tosca by Covent Garden, 14 Mei 2008
- ↑ 10,0 10,1 10,2 10,3 10,4 10,5 10,6 Metropolitan Opera Argiewe. Kaufmann, Jonas (Tenoor) Geargiveer 30 Oktober 2020 op Wayback Machine (opvoering rekord)
- ↑ News: Surgery successful Geargiveer 25 November 2020 op Wayback Machine op Kaufmann se amptelike webwerf, jonaskaufmann.com
- ↑ Wakin, Daniel J. (29 Augustus 2011). "The Tenor Jonas Kaufmann Keeps Plans Despite Surgery". The New York Times
- ↑ Dear Friends – Open letter from Jonas Kaufmann published on the website of Fuji Television. "Lymph nodes" word geskryf in die Japannese weergawe.
- ↑ Tommasini, Anthony. "Dark Nights of the Soul in the Kingdom of the Holy Grail". The New York Times. Besoek op 29 Januarie 2015.
- ↑ Apthorp, Shirley (29 Desember 2013). "La forza del destino, Bavarian State Opera, Nationaltheater, Munich – review". Financial Times. Opgespoor op 26 Desember 2014
- ↑ Neuhoff, Bernhard (16 November 2014). "Triumph für Jonas Kaufmann, Manon Lescaut an der Bayerischen Staatsoper". Bayerischer Rundfunk. Opgespoor op 26 Desember 2014 (de) .
- ↑ Holubiak, Ian (16 Desember 2015). "Jonas Kaufmann Debuts An Evening with Puccini February 2016". Classicalite. Besoek op 17 Desember 2015.
- ↑ "Jonas Kaufmann: Wagner's Tristan Is 'Like a Drug'". The New York Times.
- ↑ 19,0 19,1 Cummings, Robert. Jonas Kaufmann. AllMusic. Opgespoor 11 November 2012.
- ↑ 20,0 20,1 20,2 20,3 20,4 20,5 Gurewitsch, Matthew (21 Februarie 2007). "Opera Critics Sing Jonas Kaufmann's Praises". The Wall Street Journal. Opgespoor 11 November 2012.
- ↑ Serrou, Bruno (22 Junie 2003) "Une Damnation au poil selon Olivier Py". Res Musica. Opgespoor 12 November 2012 (fr) .
- ↑ Rupert Christiansen (19 November 2010). "Adriana Lecouvreur, Royal Opera House, London, review". The Daily Telegraph. Opgespoor 11 November 2012.
- ↑ 23,0 23,1 23,2 23,3 23,4 Opernhaus Zürich. Ensemble: Jonas Kaufmann. Opgespoor 11 November 2012 (de)
- ↑ 24,0 24,1 Allison, John (7 April 2015). "Cavalleria rusticana/Pagliacci, Salzburg Easter Festival, review: 'thrilling'". The Daily Telegraph. Opgespoor 29 Mei 2015.
- ↑ Freeman-Attwood, Jonathan (April 2003). "Review: Il ritorno d'Ulisse in patria". Gramophone, p. 91
- ↑ Frankfurter Allgemeine Zeitung (19 September 2000). "Marcellina befreit Fidelio und Florestan, Eine Dresdner Sternschnuppe macht Beethoven Konkurrenz: Ferdinando Paers hochkarätige "Leonora" in Winterthur ", p. 59 (de)
- ↑ Gramophone (Oktober 2003) "Resensie: Nina, o sia La pazza per amore", p. 94
- ↑ 28,0 28,1 28,2 Tanner, Michael (13 November 2010). "Spellbound". The Spectator. Opgespoor 11 November 2012.
- ↑ 29,0 29,1 Jahn, George (6 Augustus 2012). "Strauss' 'Ariadne,' Puccini's 'Boheme' both please". San Francisco Chronicle. Opgespoor op 11 November 2012.
- ↑ Manon Lescaut Geargiveer 3 Mei 2017 op Wayback Machine, Junie/Julie 2014 produksie details, Royal Opera House
- ↑ Leukel, Jürgen (17 November 1998). "Gut geöltes Räderwerk: Der Barbier von Sevilla wieder im Großen Haus". Stuttgarter Zeitung (de)
- ↑ Saarländisches Kultur-Journal (Junie 1995). "Und er sticht nicht!" Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine. Opgespoor op 12 November 2012 (de) .
- ↑ Berliner Zeitung (10 November 1997). "König Roger" Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine. Opgespoor 12 November 2012 (de) .
- ↑ Halter, Bernard (31 Maart 2005) "Du très beau linge pour Sir John!". Res Musica. Opgespoor 11 November 2012 (fr) .
- ↑ Laska, Andreas (25 Oktober 2005). "Triomphe pour Verdi et ses brigands avec Jonas Kaufmann". Res Musica. Opgespoor 11 November 2012 (fr) .
- ↑ Täuschel, Annika (28 Junie 2013). "Il Trovatore" bei den Münchner Opernfestspielen". Bayerischer Rundfunk. Opgespoor 3 Julie 2013 (de) .
- ↑ "Aida | Bayerische Staatsoper". Staatsoper.de. 1 Januarie 1970. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2018. Besoek op 13 Julie 2017.
- ↑ Inverne, James (September 2008). "Leading light Jonas Kaufmann". Gramophone, p. 37
- ↑ "Jonas Kaufmann wins best male opera singer award", BBC News Entertainment & Arts, 23 April 2013. Besoek op 23 April 2013
- ↑ Bayerische Staatsregierung (11 Desember 2018). "Terminhinweis: Ministerpräsident Dr. Markus Söder verleiht Bayerischen Maximiliansorden" (in de). Persberig. Archived from the original on 26 Oktober 2019. https://web.archive.org/web/20191026083719/http://bayern.de/112019-2/. Besoek op 11 Desember 2018.
Verdere leeswerk
[wysig | wysig bron]- Pasles, Chris (14 Maart 2011). "Tenor puts best face forward". The Los Angeles Times. Los Angeles. p. 28. Besoek op 22 Mei 2020 – via Newspapers.com.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Jonas Kaufmann. |
- Jonas Kaufmann by bach-cantatas
- Marie d'Origny (26 April 2012). "The Tenor on Stage: An Interview with Jonas Kaufmann". The New York Review of Books (sluit 'n video in van sy opvoering in Così fan tutte in 1998 by die Piccolo Teatro in Milaan)